Tuesday 13 August 2013

Amper

Stadig maar seker

Loop dinge in jou guns

Hulle wat jou haat verdwyn

Hulle wat jou soek kry jou

Hulle wat verstaan soek nie rede

Die rede soek sy eie pad

En kry hom

Altyd elke dag

En jy vra, hoekom het ek gesoek

Ek sal wag, tot die dag

Wanneer alles in plek val

Die dag kom

Hy maak jou opgewonde

Soos 'n staande ovasie

Wanneer alles perfek is

En almal dit sien

Mooi, lekker en wonderlik

Een dag is een dag

Wanneer arms oop loop

En drukke betekenis het

Wat ons nie meer bekommer

Want woorde loop diep

Verlange word min

En ekstase wen!

Tuesday 30 July 2013

Gebuig maar nie gebreek

Kruppel stip die dag
Onverskrokke perdfris gebuig
Gee my net 'n rede vir hoop
Bring my by waters van rus
Blindelings lei die afstand ons
Van wonder en vra
Kommer dra die dag na binne
Strompelvoet bewonderend
Hunkerend na die eendag
Emosioneel verbind
Toeval 'n siekte, 'n humorsin
Gee my net 'n rede
Gebuig en nie gebreek
Saggies en stil
Weet ek daar is 'n flikkering
Net 'n stoffie wat trek
Soos magnete aan elkaar getrek
Oor afstand verbind
So leer ons om weer lief te he
Gee my moed vir more
Jou hart in my gebede
Worstelend deur die nag
Gee my net 'n rede
Net nog een kans
My hartbeker loop oor
My handarms is leeg
my hartkamers vol
Hoendervleis-glimlag
Wagtend kontakloos
Wetend die buig in jou hande
Jubelend dat ek nie gebreek is nie
Dalk verward, dalk alleen vir nou
Tot die volgende omhelsing
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Tuesday 23 July 2013

Donker

Donker kom jy ingestap
Versekerd kyk op 'n afstand
Wetend - dis waar jy vandag moet wees
Soos ys smelt jy in 'n glimlag
Stadig begin jou oog die lig weerkaats
Verrassend onbepland
Asof dit so bestuur is
Hoe verstaan ons die loop van die rivier?

Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Onwerklike onverstaan

In onwerklike onverstaan trek ek my skoene aan, terwyl die oggendson sag op my wang kom rus.
Met hunkerende soeke na jou begroet ek die dag met wankelrige krag.
In jou afwesige hierwees bemoei my alles hom met jou, elke asem soek na jou omhelsing, elke spiertjie na jou raak.
Ek skets met my botteltjie selfwees my selfwees in die regskud vir jou.
Ek smag om my projek aan jou te wys, die lewe wat ek uitgekap het deur donderweer en klipharde slag,
soekend na die stille waters in myself wat die klipmuur met Jerigo se sagte klanke jou gaan oopbreek
sodat jy die redding kan sien, en geen verwoestig.
Waar jy die omhelsende gekabbel van my hart kan hoor wat jou wil oorspoel met liefdevolle geluk in elke deel van jou en ons wees.
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Anastasia wynettiket - Sealbreeze

Stil spoel jy oor my lewe, nuutgevoel deur jou smaak. Koninklik deur die wingerd vermeng tot 'n smaak van geure wat deur my siel spoel. Sterk in klank en woord, sag en liefdevol in God se gees. Jy spoel deur die dag, spelend soos die vonkel van sonstraal deur die glas, skerp en onmiskenbaar jy.

Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Sophia wynettiket - Sealbreeze

Diep sagte gedagtes wat vervullend met smaak my tref deur jou Sophia. Gehalte in stille krag, mensgemaak in God se krag. Sagte kuns in die wieg van God se wingerd. Ongekunstelde verrassing van liefdevolle volkleur sagtheid wanneer ek met proe ontdek, jou sagte mensheid in God se tuin van wonder.


Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Goeie gom

Goeie gom dis ons idee
Maar so maak ons ons band
Deur jare, deur liefde en met aanvaar
My mense, sonder plastiek of wonder
Met absolute ons wees
In diepe wete van ons loop diep
Ek, julle ons
Ondeurgrond met lus, lewe en genot
My maats, my lewe, dankbaar tot op die been!
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!