Tuesday 30 July 2013

Gebuig maar nie gebreek

Kruppel stip die dag
Onverskrokke perdfris gebuig
Gee my net 'n rede vir hoop
Bring my by waters van rus
Blindelings lei die afstand ons
Van wonder en vra
Kommer dra die dag na binne
Strompelvoet bewonderend
Hunkerend na die eendag
Emosioneel verbind
Toeval 'n siekte, 'n humorsin
Gee my net 'n rede
Gebuig en nie gebreek
Saggies en stil
Weet ek daar is 'n flikkering
Net 'n stoffie wat trek
Soos magnete aan elkaar getrek
Oor afstand verbind
So leer ons om weer lief te he
Gee my moed vir more
Jou hart in my gebede
Worstelend deur die nag
Gee my net 'n rede
Net nog een kans
My hartbeker loop oor
My handarms is leeg
my hartkamers vol
Hoendervleis-glimlag
Wagtend kontakloos
Wetend die buig in jou hande
Jubelend dat ek nie gebreek is nie
Dalk verward, dalk alleen vir nou
Tot die volgende omhelsing
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Tuesday 23 July 2013

Donker

Donker kom jy ingestap
Versekerd kyk op 'n afstand
Wetend - dis waar jy vandag moet wees
Soos ys smelt jy in 'n glimlag
Stadig begin jou oog die lig weerkaats
Verrassend onbepland
Asof dit so bestuur is
Hoe verstaan ons die loop van die rivier?

Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Onwerklike onverstaan

In onwerklike onverstaan trek ek my skoene aan, terwyl die oggendson sag op my wang kom rus.
Met hunkerende soeke na jou begroet ek die dag met wankelrige krag.
In jou afwesige hierwees bemoei my alles hom met jou, elke asem soek na jou omhelsing, elke spiertjie na jou raak.
Ek skets met my botteltjie selfwees my selfwees in die regskud vir jou.
Ek smag om my projek aan jou te wys, die lewe wat ek uitgekap het deur donderweer en klipharde slag,
soekend na die stille waters in myself wat die klipmuur met Jerigo se sagte klanke jou gaan oopbreek
sodat jy die redding kan sien, en geen verwoestig.
Waar jy die omhelsende gekabbel van my hart kan hoor wat jou wil oorspoel met liefdevolle geluk in elke deel van jou en ons wees.
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Anastasia wynettiket - Sealbreeze

Stil spoel jy oor my lewe, nuutgevoel deur jou smaak. Koninklik deur die wingerd vermeng tot 'n smaak van geure wat deur my siel spoel. Sterk in klank en woord, sag en liefdevol in God se gees. Jy spoel deur die dag, spelend soos die vonkel van sonstraal deur die glas, skerp en onmiskenbaar jy.

Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Sophia wynettiket - Sealbreeze

Diep sagte gedagtes wat vervullend met smaak my tref deur jou Sophia. Gehalte in stille krag, mensgemaak in God se krag. Sagte kuns in die wieg van God se wingerd. Ongekunstelde verrassing van liefdevolle volkleur sagtheid wanneer ek met proe ontdek, jou sagte mensheid in God se tuin van wonder.


Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Goeie gom

Goeie gom dis ons idee
Maar so maak ons ons band
Deur jare, deur liefde en met aanvaar
My mense, sonder plastiek of wonder
Met absolute ons wees
In diepe wete van ons loop diep
Ek, julle ons
Ondeurgrond met lus, lewe en genot
My maats, my lewe, dankbaar tot op die been!
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Groenoog verlei

Groenblou verlei
Ek ons jy
Diepte van verleiding
Pad soontoe ek en jy
Jy my hart gevat
Oor en oor ek joune
Elke dag, van nou af
Ek jy ons, bobbelbestaan
Saam die lewe in
Ek boots en all,
My hart vir jou
Elke dag oor en oor
Elke oomblik verdrink ek in jou
True bliss, vir altyd
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Wegkruipslaap

Helderdenkend en wetend
Wag vir n opwindende huistoe gaan
Een van lag en genot
So moeg vir eensame eiertrap
Vir konformerende wonder en swaar gesigte
Vir atmosfeer en drama dink
Vir wag vir nog drama en gatvol mense
Vir suur gesigte en kommer
Vir negatiewe en selfkastyding
Kan nie wag vir opwindend huistoery
Vir opwinding wanneer 'n kar in die garage staan
Eerder as stress omdat dit daar staan
So, die aande word min vir vroeg gaan wegkruipslaap


Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Tot op die been

Teen die sagte lig
Wonder jy die hoekoms
Huil jy die binnetraan
Van jou kruppel loop bestaan
Hoor jy die belofte van 'n nuwe lewe en wonder
Sal dit ooit myne word
Jaag jy die Job-hoop
Vergeefs, teleurgesteld
Loop jy met jou hart in stukke
Splinters steek jou seerder
Onbekende hoop beskaam steeds
Jy sukkel jy en jou God
Is dit hoe Hy dit wou?
Hoekom dan al die beloftes?
Wat het van genade geword?
Hoekom al die seer
Hoekom die stilte
Hoekom die on-ingrype
Hoekom nie die wonder
Hoekom nie vir jou?
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Saggies

Saggies en alleen verwees
Gedwee in my eie dag
Ek en ek alleen
Wroegend, soekend, gelukkig
Vertrouend in 'n God
Klipkoue werklikheid
Vreeslose hoop
Geluk op die voorspoed
Wetend
In die pad was jy
Uit die pad is jy
Opgewonde want op die pad vorentoe ... Wag jy
Rug gedraai oog soekend na geluk
Saggies op n strand, wagtend vir my skouerklop
Wanneer ek inhaal
En ons saam die son kan aanbid
Terwyl sy straaltjies met ondergaan jou lag beraam
En ons saam die pad begroet
Hand aan hand in elkaar se omhelsing
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Sekelmaan

Onheilspellende sekelmaan
Hou wag oor kartelende aandspikkels
Van ver kom die winterstilte
Toegevou in die winternag
Stadig rus alles in komberse toegebou
Totdat die dag begroet met oggenddou
Bid ek met smeking
Vir my geliefdetjies
Dat U hulle in U genade toe sal vou
En ek met nederige knieskawing
Hulle aan U kan toevertrou
Seen hulle kinderhartjies nou
Totdat ek hulle weer met my liefde kan omvou
Hou weg die kommer nou
En laat hulle drome sag en rein
En elke tree in U voetspore wees
Elke lag en kyk en is
In U leiding geanker sal wees vir die reis.
Amen
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Toeval

Toeval loop sy pad en eindig nerens
Beplan loop God Sy plan
Ek, jy almal, verward deurmekaar
Spesiaal gemaak, Iemand weet
Ons, soos sekerheid van smaak
So gewild soos asem
Elke oomblik oorgegee en wetend
Blou groen soos water en land
Gekarteer soos van alle tyd
In ewigheid vasgele
Gryp na die lewe, afstof asemhaal
Lag, geniet en leef
Elke dag, voluit tot oorlopens toe
Genot, vreugde en lewe wanneer ek in jou oe verdrink!
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Selfkastyding

Dink, wonder, glo
Wat hulle beplan en ookal dink
My uitkoms bou hulle onderstebo
Glo jou oordeel, misnoee en wonder
Oordeel julle gedagtes my minder besonder
Ek, gewillig, getrou beloftevol
Vergeefs tevrede maak probeer
Stille disrespek in enorme sneeubal
Tot die breukpunt van selfkastyding
Van probeer word wat julle my maak
'N stok vind tot daaglikse slae
Altyd byderhand
Net die rantsoene se krummels tuimelend
'n jammerte en liefde tot verstaan
Geensins in 'n hart
Tevergeefse warboel van probeer
So is dit my uitmekaarskeer
Met my God weier ek om sinoniem saam te glo
En te wees en word wat gedagtes my toesnou
Eensame verlange van 'n goddelike siel
Vasgevang in die gevangenis van ander se oog
Groei ek vlerke en vinne wat groei na my innerlike vrede
Om self te red die honger ,dors en pyn
Weereens die son te begroet
Om in my hart en in my siel te skyn
Totdat die pyn verdwyn
En die klok weer vir my hart begin draai
Alle maniere van my probeer
Sal niks die onheil in die oe ooit keer
Selfredding loer in die spieel en hart van n Skepper-God
Wat my weer by waters van rus in Sy arms laat le

Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Sealbreeze

God se sap,
fyn verbind deur passie en liefde,
elke sluk begroet deur 'n soen.
Diamantwarm liefde en geluk,
gebou op lewenslus, vorentoe kyk.
Kosbaar gemaak
keurig vermeng in dankbare lushof
van die kelder so soet.
Ou stof en hout
sprankel en spelend in die neus,
met kaas en kos
trek my sintuie in een.
Ek wil jubelend my reenboog van dankbaarheid uitsing.
Dit is die raakplek van hemel en aarde, waar God Sy wil laat geskied.
Amen
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!