Tuesday 23 July 2013

Sekelmaan

Onheilspellende sekelmaan
Hou wag oor kartelende aandspikkels
Van ver kom die winterstilte
Toegevou in die winternag
Stadig rus alles in komberse toegebou
Totdat die dag begroet met oggenddou
Bid ek met smeking
Vir my geliefdetjies
Dat U hulle in U genade toe sal vou
En ek met nederige knieskawing
Hulle aan U kan toevertrou
Seen hulle kinderhartjies nou
Totdat ek hulle weer met my liefde kan omvou
Hou weg die kommer nou
En laat hulle drome sag en rein
En elke tree in U voetspore wees
Elke lag en kyk en is
In U leiding geanker sal wees vir die reis.
Amen
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

No comments:

Post a Comment