Tuesday 30 July 2013

Gebuig maar nie gebreek

Kruppel stip die dag
Onverskrokke perdfris gebuig
Gee my net 'n rede vir hoop
Bring my by waters van rus
Blindelings lei die afstand ons
Van wonder en vra
Kommer dra die dag na binne
Strompelvoet bewonderend
Hunkerend na die eendag
Emosioneel verbind
Toeval 'n siekte, 'n humorsin
Gee my net 'n rede
Gebuig en nie gebreek
Saggies en stil
Weet ek daar is 'n flikkering
Net 'n stoffie wat trek
Soos magnete aan elkaar getrek
Oor afstand verbind
So leer ons om weer lief te he
Gee my moed vir more
Jou hart in my gebede
Worstelend deur die nag
Gee my net 'n rede
Net nog een kans
My hartbeker loop oor
My handarms is leeg
my hartkamers vol
Hoendervleis-glimlag
Wagtend kontakloos
Wetend die buig in jou hande
Jubelend dat ek nie gebreek is nie
Dalk verward, dalk alleen vir nou
Tot die volgende omhelsing
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

No comments:

Post a Comment