Tuesday 23 July 2013

Tot op die been

Teen die sagte lig
Wonder jy die hoekoms
Huil jy die binnetraan
Van jou kruppel loop bestaan
Hoor jy die belofte van 'n nuwe lewe en wonder
Sal dit ooit myne word
Jaag jy die Job-hoop
Vergeefs, teleurgesteld
Loop jy met jou hart in stukke
Splinters steek jou seerder
Onbekende hoop beskaam steeds
Jy sukkel jy en jou God
Is dit hoe Hy dit wou?
Hoekom dan al die beloftes?
Wat het van genade geword?
Hoekom al die seer
Hoekom die stilte
Hoekom die on-ingrype
Hoekom nie die wonder
Hoekom nie vir jou?
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

No comments:

Post a Comment