Tuesday 23 July 2013

Saggies

Saggies en alleen verwees
Gedwee in my eie dag
Ek en ek alleen
Wroegend, soekend, gelukkig
Vertrouend in 'n God
Klipkoue werklikheid
Vreeslose hoop
Geluk op die voorspoed
Wetend
In die pad was jy
Uit die pad is jy
Opgewonde want op die pad vorentoe ... Wag jy
Rug gedraai oog soekend na geluk
Saggies op n strand, wagtend vir my skouerklop
Wanneer ek inhaal
En ons saam die son kan aanbid
Terwyl sy straaltjies met ondergaan jou lag beraam
En ons saam die pad begroet
Hand aan hand in elkaar se omhelsing
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

No comments:

Post a Comment